Last Season

DIY met Riaan (2011, Reeks 6)

Episode 1: Riaan, die Nutsman, Venter is terug!

In hierdie baie opwindende eerste episode, skop ons af deur die wenner van die "Home Make-Over" kompetiesie, te verras. Dan gaan Riaan terug na sy werkswinkel toe waar hy 'n unieke feature maak van scrap metal, spesiaal vir die wenner se huis.

 

Episode 2: Sauna & Terrax Tool

Riaan en Max wys vir jou hoe om self 'n D.I.Y. Sauna Kit te bou.  Hulle gesels dan ook oor die voordele van ‘n sauna. 

Die twee D.I.Y Guru's stel ook ‘n ongelooflike nuwe tool voor wat te koop is in die winkels – dit gaan D.I.Y. bou en plant ‘n breeze maak. 

Luc "The Saw" Pelser help vir Riaan bou aan 'n Red Tool Box Catapult... Bring die kinders nader en kom kyk hoeveel prêt hulle gaan he.

 

Episode 3: Sekuriteit

In hierdie episode praat ons oor sekuriteit.  Riaan en Max wys jou hoe om deurslotte te vervang met nuwe en sterker slotte.  Ons stel ook ‘n splinternuwe tipe diefwering aan die kykers voor – jy kan dit self installeer - View Protect.

Wil jy graag weet hoe om jou gordyne oop en toe te maak vanaf die gemak van jou rusbank?  Ons wys jou hoe!

 

Episode 4: Herwinde Meubels

Voordat jy jou ou meubels uitgooi of hout stukke begin af kap – kyk hierdie week se episode van DIY met Riaan. 

Riaan en Max wys vir die kykers hoe baas te raak van ou meubels deur dit mooi te herstel en hoe om Iets uit Niks uit te maak nie.  Riaan bou ook ‘n boekrak.

 

Episode 5: Sweiswerk / Welding

This week the Riaan is at the South African Institution of Welding to discuss welding as a career.  He also puts 5 students to the test as they make a palisade fence together.

 

Episode 6: Koffie Tafel & Kant Tafeltjies

Riaan is in die workshop besig ‘n koffietafel en sytafeltjies te maak.  Vir mense wat hou van houtwerk - is hierdie 'n lekker projek.

Ook word ‘n Red Tool Box Kit gebou - so bring die kinders nader.

 

Episode 7: Dakke

Wanneer mens na die dakke om jou kyk, kan jy sien hoe baie van hulle lek.  Die wit kolle op dakke is waar die water ingaan. 

En die ander problem is die parapet teen die dak wat die water deurlaat en laat lek in die huis in.  Ons seel die dak, die parapet, verf die dak oor en ook bou ons ‘n slinternuwe afdak.

 

Episode 8: Head to Bed

In hierdie episode wys Riaan vir jou hoe om jou eie ontwerperskopstuk te maak, met baie versteekte stoorspasie en twee leeslampe.  

Hierdie episode het ook ‘n Red Tool Box Kit vir die kinders!

 

Episode 9: Bathroom Revamp

As jy beplan om jou badkamer ‘n “face lift” te gee, moet jy definitief nie hierdie episode misloop nie!  Ons gee vir jou tips oor hoe om jou eie badkamer mooi te maak, selfs as dit ‘n klein badkamertjie is. 

Dis belangrik om die regte toebehore te kies – die regte bad, wasbak en toilet. Riaan gaan bietjie  doen inkopies by Tile Africa en wys vir jou hoe die nuutste badkamer ontwerpe lyk.

 

Episode 10: Swembad

In hierdie week se episode maak ons reg vir die Somer.  Riaan en Max wys vir ons hoe om jou swembad pomp en filters te vervang en hoe om 'n beter dakkie van die pomp-huisie te maak.

Met Speck Pumps se Badu Eco touch bespaar jy op kragvebruik, CO2 uitlatings, die bedryfskostes EN die pomp is baie stil.

 

Episode 11: TV Wall Unit

Hierdie kan jy 'n nuwe idee kry vir jou Flat-screen TV en hoe om dit uit te stal.  Riaan en Max werk aan ‘n ontwerpers-mooi TV rak waarop jy jou flat-screen TV’s kan sit en almal dit kan sien.  Dis vinning, maklik en bietjie iets anders!

 

Episode 12: Afwerking, Afwerking, Afwerking

Met enige Doen-Dit-Self werkie is die afwerking die belangrikste. 

Maak nie saak hoe goed jy die werk gedoen het nie, as die afwerking swak gedoen is, is die werk ook sommer swak. 

Vandag kyk ons na vloere, buite patios en geute en hoe om kroonlyste af te werk.

 

Episode 13: Koi Pond

In hierdie episode verduidelik Riaan vir die kykers hoe om stap-vir–stap ‘n Koi Pond op die regte manier te bou sodat al hulle Koi vissies lekker kan swem.

Eerste tip: Wanneer ‘n mens ‘n Koi Pond bou, moet jou hom bou waar jy hom gaan kan geniet.  Dit help nie jy sit dit in die hoekie van die tuin en jy sien hom nooit nie.

 

Episode 14: Tuin Bou In 'n Japtrap

Die Somer is hier en dit is weer tyd vir tuin maak.  Alles wat ons vandag gaan gebruik is beskikbaar by Garden World. Die plante wat Riaan hulle in die tuin plant die week is ‘Water Wys’ – dit beteken mens hoef nie baie geld te spandeer op water om die tuin nat te maak nie – sodoende spaar jy water.

 

Episode 15: Sweis Saam Met Vrouens

Die maklikste besigheid om te begin om bietjie geld te maak, is ‘n sweisbesigheid.  Al wat jy nodig het is ‘n sweismasjien, ‘n grinder en ‘n paar gereeedskap-stukkies.  Ons ervaar ook dat baie meer vrouens wil sweis – en dis hoekom Riaan in hierdie episode vir vrouens wys hoe om dit te doen.

Meeste mense dink dat sweis baie moeilik is, maar Riaan wys die week hoe maklik dit eintlik is.  Hy leer die week vyf vrouens hoe om met Afrox se nuwe Porta Mig te sweis, en Riaan was heel beindruk met die vrouens se sweiswerk.

 

Episode 16: Going Solar

Elke dak in Suid-Afrika moet ‘n Solar Paneel op hê, om krag te kan genereer en ook om warm water te kan hê.  Vandag spandeer ons baie tyd aan solar panele want Riaan het al gevind dat: “Goedkoop koop, is duur koop.” 

But why Solar? An average sunny day in South Africa generates enough solar energy to provide for all your hot water needs. With water heating accounting for up to 60% of an electricity bill, shouldn't you consider solar?

 

Episode 17: Kombuis - Hart van die Huis

Enige vrou begeer ‘n praktiese en mooi kombuis.  En in meeste huise vandag is die kombuis, eetkamer en leef area in ‘n oopplan-styl gebou, so die kombuis is altyd in volle sig. 

In hierdie episode wys Riaan hoe om ‘n kombuis ‘n nuwe voorkoms te gee sonder om te veel geld uit te gee.

 

Episode 18: Ligte - In en Om die Huis

Daar is geen vaste reels wanneer dit kom by beligting nie.  Dit is die belangrikste om eers te bepaal vir watter doeleinde die lig gebruik gaan word.   ‘n kombinasie van ligte kan in een vertrek gebruik word. 

Om enegrie te bespaar, vervang jou huidiglike ligte met CFL ligte of LED ligte.

 

Episode 19: Home Make-Over Reveal

Liezel Dreyer is die gelukkige SMS wenner wat ‘n R350 000 se Home Make Over gewen het.  Maar ons DIY span het besluit om  sommer die hele huis oor te doen en het baie meer as dit spandeer.

Ons begin hierdie episode deur terug te kyk na die eerste episode – hoe ons Liezel verras het en hoe die huis gelyk het.

 

Episode 20: Home Make-Over Reveal

Hierdie week op DIY met Riaan maak hy unieke rame. ‘n Staalraam waarin jy foto’s van die familie kan sit of selfs ‘n skildery.  En hy maak ‘n fotoraam van herwinde hout.

 

Episode 21: Bye Boerdery

In hierdie episode van DIY met Riaan, probeer die DIY guru bietjie iets nuuts. Bye boerdery.  Hy wys vir jou hoe om ‘n nuwe byekorf te bou en dan besoek hy ook ‘n byeboer wat vir ons meer vertel van bye en die bestaande stokperdjie van bye boerdery.

 

Episode 22: Mobile Bar & Patio

Die somer is hier en dis tyd om  kuier!

In hierdie episode stel Riaan die kykers bekend aan ‘n nuwe DIY patio dak, wat baie maklik is om te installeer.

Hy omskep ook ‘n tafeltjie in ‘n mobiele kroeg.

 

Episode 23: Decking

The DIY team visits Tzaneen where they take a tour through a wooden decking factory.  Riaan shows you how to build a deck with stairs and also builds a wooden table with two benches. 

Die DIY span besoek Tzaneen waar hulle a toer vat deur ‘n saagmeule.  Riaan wys vir die kykers hoe om ‘n houtdek te bou met trappe en ook bou hy ‘n ingly houttafel met twee bankies.

 

Episode 24: Portable Braai & Pot Stand

In this episode Riaan teams up with Houston Isaacs from Afrox and they show us how to make a portable braai and pot stand.  Riaan also talks to Energy Efficient Homes about heat pumps. 

In hierdie episode werk Riaan en Houston Isaacs van Afrox saam en wys hulle vir julle hoe om ‘n mobiele braai en potstaander te maak. Riaan praat ook met Energy Efficient Homes oor Heat Pumps.

 

Episode 25: Feestafel

Dis feestyd en tyd om lekker te eet en te kuier.  Riaan ruil die week sy tools vir kombuisgereedskap, so julle gaan lekker lag en Riaan gee ook nuttige wenke om ‘n drie gang maaltyd in ‘n japtrap voor te berei.